ONTDEK JOU PLEK (Moreletapark Gemeente)

MY PERSOONLIKE STYL

1.     Jy behoort ‘n begrip en insig te ontwikkel van jou eie styl, sowel as dié van ander.

2.     Om ‘n begrip en waardering van ‘n ander se styl te hê, kan help om die beste in hom/haar na vore te bring.

3.     Verskillende style bring noodwendig verskillende opinies mee.

4.     Dit help as jy die verskille in ander mense waardeer, eerder as om hulle daaroor te verwerp of te kritiseer.

5.     Veranderinge is altyd moeilik, veral as dit jou persoonlike doen en dink raak en jy moet jou persoonlike styl aanpas.

6.     Ons latente eienskappe “skop dikwels in” as ons onder druk is.

7.     Ons het ‘n kombinasie van al die verskillende style in die kerk en die samelewing nodig.

8.     Kinders ontwikkel net soos volwassenes, vasgelegde style.

9.     In elke persoonlikheidstyl kan daar sterk leiers na vore kom.

10.  Persone met dieselfde kombinasie van style kan verskil in intensiteit.

11.  Alle mense het leierskwaliteite. Wanneer jy met verskillende mense werk, behoort jy fyner op te let vir leierskapskwaliteite – want dit is daar!

12.  Dit vereis inspanning om jou styl aan te pas, maar die deursettingsvermoë om dit te kan doen is baie belonend. (Out-of-the-box thinking).

13.  Verskillende kombinasies van style is nie reg of verkeerd nie – net anders!

14.  Ons eie kultuur en die omgewing waar ons woon, werk en dien, beïnvloed ons persoonlike styl.

15.  ‘n Posisie van leierskap of bestuur sal jou dwing om met ander style saam te werk.

16.  Soms word ons optrede en reaksie vooraf bepaal deur ons gemoedstoestand, terwyl ons veronderstel is om meer uit volwassenheid en selfbeheersing te reageer.

17.  Kennis omtrent jou eie sterk- en swakpunte behoort jou eerder te motiveer as te demoraliseer.

18.Die belangrikste stap tot volwassenheid is om jou eie sterk-en swakpunte raak te sien, insig daaroor te ontwikkel en te verbeter.

 

PERSOONLIKE STYL WERKSBLAD

Laai die  PERSOONLIKE STYL Werksblad  af en voltooi die vrae volgens die volgende riglyne:

Skryf jou naam met twee verskillende hande. Wat leer dit jou ivm jou ‘styl’.

Voltooi die vraelys as volg. Daar word altyd opsies gegee van 1 – 5. Die ‘teenoorgestelde’ aspekte van dit wat in vraag / stelling genoem word, word weerskante van die 1 – 5 skaal gestel. Indien jy meer saamstem met die linkerkantste ‘opsie’, kies jy 1. Indien jy meer saamstem met die regterkanste opsie, kies jy 5 (en enigiets daar tussen).

Tel die punte op soos hier onder verduidelik en dra die totale oor op die grafiek op die Werksblad.

Vergelyk dan jou posisie op die grafiek met die blokdiagram hier onder (kleure).

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Comments are closed.