ONTDEK JOU PLEK (Moreletapark Gemeente)

MY NUWE STORIE

Blaai terug en verfris jou geheue oor wat jou Roeping, Styl en Gawes se resultate was. As jy vir jouself ‘n nuwe ‘storie’ kan skryf, hoe sal jou lewe oor die volgende jaar / paar jaar lyk. Moenie dat die beperkinge in jou lewe wat jy nou ervaar jou ‘storie’ beperk nie. Dink daaroor asof jy in ‘n ‘wonderwêreld’ is waar niks onmoontlik is nie. Moenie nou bekommerd wees om ‘akuraat’ te wees oor die besonderhede van die storie nie. Maak sommer jou eie storie op, maar met die oog op jou fokus-areas. Hierdie storie sal goed insluit soos:

–      Die geleenthede waaroor jy opgewonde is

–      Die mense wat jy raaksien wat hulp nodig het

–      Hoekom is dit belangrik dat jy iets hieraan doen

–      Wat jy alles sal doen om ‘n verskil te maak

–      Watter aksies / bewegings sal jy aan die gang sit

–      Wat sal die naam van jou ‘blog’ / Facebook blad wees

Laai die   My Nuwe Storie Werksblad    af en skryf jou storie volgens die aanwysings.

 

AFSLUITING

Ons het van die begin af beklemtoon dat hierdie nie ‘n akademiese ‘kursus’ is waarin ons net meer kennis wil oordra nie. Die doelwitte van hierdie kursus kan aleen bereik word as jy jou oorgawe en toewyding aan God op ‘n baie persoonlike vlak ervaar. Dit sou gepas wees om jouself tyd te gun om opnuut jouself weer toe te wy aan God in gebed en die roeping vir jou diens waarvan jy bewus geword het in die loop van hierdie studie met Hom bespreek. Hy is die een wat jou toerus vir hierdie diens deur die bonatuurlike gawes wat Hy vir jou gegee het. Mag hierdie toewyding die begin wees van ‘n pad van gebed en gehoorsaamheid aan die roeping van God op jou lewe, en ‘n uitwerk van ‘n spesifieke bediening waarvoor Hy jou voorberei het. Vind iemand (vriend / vriendin / familielid) met wie jy hierdie insigte en roeping kan bespreek en deel. Mag God jou op ‘n kragtige wyse begin gebruik in die diens waarvoor Hy jou voorberei en geroep het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Comments are closed.