ONTDEK JOU PLEK (Moreletapark Gemeente)

DIE FOKUS

Die Fokus van ONTDEK JOU PLEK is op die volgende sake:

  • Hoe God jou uniek ‘gemaak’ het om Hom te kan dien;
  • Hoe jy deur jou unieke bydrae ‘n Koninkryksimpak kan maak in die kerk en in jou gemeenskap.
  • Jy is bestem om in ‘n spesifieke bediening betrokke te wees wat inpas by God se plan vir jou lewe
  • Dienswerk is ‘n vorm van aanbidding (1 Pet 4:11)
  • Dienswerk lei tot die opbou en groei van die kerk – Sy liggaam (Ef 4:11-12)

 

God gee vir ons – sodat ons kan dien en vir ander tot seën kan wees – dit is die fokus van ons dienswerk!

Hierdie kursus is oorspronklik bedoel om in groepsverband aangebied te word. Dit is egter hier aangepas vir individuele gebruik. Indien jy te enige tyd behoefte het om jou antwoorde / insette met iemand te bespreek, kan jy my gerus epos by piet@paconsult.co.za. Ek sal baie graag met jou in gesprek wil tree oor jou ervarings, belewenisse of enige onduidelikheid wat jy het wat jy graag wil bespreek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Comments are closed.