Find Your Fit / Ontdek Jou Plek

Ontdek Jou Plek (OJP) is ’n begeleiding om te help dat elke gelowige sy roeping en die diens wat daarmee saamgaan ten volle leef!.  Die Ontdek Jou Plek kursus rus jou toe om die legkaartstukkies van jou passie (jou roeping), jou persoonlike styl van doen en dink en jou Godgegewe gawes inmekaar te pas en jou plek van bediening in God se Koninkryk te kan begin leef.

ELKE gelowige moet sy/haar Skeppingsdoel uitleef in sy/haar unieke bediening!

In die 1980’s as ‘n predikant van Vanderbijlpark Suid gemeente het ek kennis gemaak met die Ontdek Jou Gawe kursus en dit met groot vrug aangebied in die gemeente.  In Moreletapark gemeente het ons die kursus herskryf as die Ontdek Jou Plek kursus.

Hierdie kursus was die instrument waarmee God my telkens weer teruggebring het na die rede waarvoor Hy my gemaak het,

Hierdie reis het begin in ‘n groot gemeente in Limpopo met Noord-Sotho-lidmate, gevolg deur ‘n Afrikaanssprekende gemeente in Vanderbijlpark.   Hierna het ek ‘n geleentheid gekry in ‘n IT besigheid. Vandag het ek ‘n gevestigde eiendomsontwikkeling besigheid, maar is intensief betrokke by ‘n aantal bedieninge landswyd wat OJP insluit.

Sport het nog altyd ‘n deurslaggewende rol in my lewe gespeel wat gelei het dat ek deel was van die Suid-Afrikaanse nasionale span in gimnastiek. Baie van my lewensvaardighede is opgedoen in deelname aan sport op verskillende vlakke, hetsy as atleet, afrigter, as beampte of as sport mentor.

Alhoewel dit help om goeie prestasies agter jou te hê, glo ek ek het die meeste  insig en wysheid oor die doel van my lewe opgedoen deur die probleme en krisisse en soms selfs vrese en skandes wat ek ervaar het. Ek het my eerste vrou en een van my seuns saam met ‘n vriendin en haar dogter in ‘n motorongeluk verloor. Nog ‘n seun van my was ernstig beseer in ‘n ander motorongeluk op die ouderdom van 18 maande. ‘n Paar jaar gelede het ek ‘n ernstige terugslag beleef toe ek ‘n aneurisme in die brein stam gehad het. Deur die genade van God, die Almagtige, het ek dit oorleef, ten volle herstel en leef steeds ‘n vol lewe deur mededingend deel te neem in muurbal en bergfietsry.

Kursus doelwit: ELKEEN   AKTIEF   DIENSBAAR

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.